Om Vandag te Cope is 'n keuse

Sommige dae voel dit makliker om die lewe te ignoreer as om te probeer Cope. Daar is tye wanneer selfs bid soos ’n berg voel wat jy nie kan klim nie. Jy wil nie bid nie, jy kan nie. Tog is dít juis die oomblikke wanneer jy moet onthou: “Hy gee die vermoeide krag, en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie... maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die van die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle wandel en word nie mat nie.” (Jesaja 40:29-31)

Om te Cope moet nie ’n wilsbesluit wees nie – dit moet ’n daaglikse keuse van oorgawe wees. As jou oë oopgaan in die oggend, val uit jou bed op jou knieë. Moenie eers koffie drink nie; val voor jou Vader se voete neer. Jy hoef nie woorde te hê nie – Hy sien, Hy hoor en Hy weet. Net ’n sagte fluistering:
“Abba Vader, gee my krag, wysheid en bereidwilligheid om hierdie dag in die oë te kyk,” is genoeg om jou in lyn te bring met Hom.

Hy sal jou die krag gee om op te staan en jou dag aan te pak – al voel jy nie soos “super woman” nie. Gebruik die krag wat Hy gee, al voel dit klein. Wanneer jy gang-af stap, hou jou gedagtes nog ’n oomblik op Sy ryke genade wat jou omvou.

Praktiese Raad om te Cope:

  1. Begin jou dag met oorgawe: Net ’n paar sekondes op jou knieë om jou dag aan die Here te gee.

  2. Stel jou selfoon se timer vir uurlikse herinneringe: Sê elke uur “Dankie, Here” – al is dit net vir die koppie koffie of ’n sonstraal. Dankbaarheid verander jou ingesteldheid.

  3. Identifiseer klein wen-momente: Vier klein oorwinnings – soos ’n taak wat jy voltooi het, ’n glimlag of ’n rustige asemteug.

  4. Skep stilte-tyd: Sit 10 minute eenkant. Lees ’n psalm, luister na sagte musiek of wees net bewus van God se teenwoordigheid.

  5. Sluit jou dag af met dankbaarheid: Maak ’n kort lys van drie dinge waarvoor jy dankbaar is – dit lig jou hart.

Cope-Anker vir vandag

Christus gee my krag.

Op Hom alleen vertrou ek.

Peace (Vrede) vul my hart.

En ek kan hierdie dag aanpak.

Bybelvers: “Hy gee die vermoeide krag, en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.” – Jesaja 40:29

Vader, ek erken dat ek nie altyd sterk voel nie. Daar is dae wat swaar op my skouers druk en my moed breek. Maar U gee krag aan die wat moeg is, U dra my soos ’n arend op sy vlerke. Here, vul my vandag met U vrede, wysheid en geduld. Help my om in klein dinge dankbaar te wees en my oë op U te hou. Omdat U leef, kan ek hierdie dag in die oë kyk. Amen.