Berading via E-pos – jou veilige ruimte
Soek jy na iemand om mee te praat, maar voel jy ongemaklik of te besig vir ’n tradisionele beradingsessie?
E-posberading gee jou die vryheid om jou hart uit te stort wanneer dit jou pas – in jou eie tyd en ruimte. Dit is ’n veilige, diskrete manier om jou emosies te deel en leiding te kry sonder om ’n afspraak te reël of ’n kantoor te besoek.
Hoe werk dit?
Stuur jou eerste e-pos: Deel jou storie of vrae met my.
Ek lees en antwoord binne 48 uur: Jy ontvang ’n bemoedigende, praktiese antwoord gebaseer op Bybelse waarheid, raad en insig.
Kry voortdurende ondersteuning: Jy kan kies vir eenmalige raad of ’n pakket vir langer begeleiding.
Pakkette
Eenmalige e-pos: Jy stuur jou vraag of probleem, ek antwoord volledig (gratis).
1-Week pakket: 2 heen-en-weer e-posse vir die week (R350).
1-Maand pakket: 2 heen-en-weer e-posse per week (R1 000).
Hoekom e-posberading?
Dit gee jou tyd om na te dink en jou gedagtes rustig neer te skryf.
Jy kry antwoorde wat jy kan herlees en stadig implementeer.
Dit is geskik vir introverte of dié wat nie van gesig-tot-gesig berading hou nie.
Kontak:
Stuur jou eerste e-pos na info@mirtvroue.online en skryf in die onderwerp: Berading navrae.


Let wel
Indien jy nie kan bekostig om berading te ontvang nie, kontak my gerus, ons maak saam 'n plan sodat jy die hulp kan kry wat jy nodig het.