Hoe om Elke Dag te Cope

Die lewe het nie ’n “pause-knoppie” nie. Werk, kinders, finansies, gesondheid – alles vra jou aandag. Dis maklik om oorweldig te voel en op outopilot te leef. Maar daar ís maniere om weer asem te haal, balans te vind en vrede in jou dag in te bou. Hier is ’n eenvoudige akroniem om jou te help onthou: C.O.P.E

Cope beteken vir my persoonlik die volgende:

C= Christus, my Anker en my Rots

O= Onvoorwaardelik is Sy teenwoordigheid in my,om my, oral.

P= Praktiese uitleef van die Woord

E=Ewigheid, die belofte en versekering

Maar dit staan ook vir

C – Connect with God

Begin jou dag in Sy teenwoordigheid. Al is dit net vyf minute, lees ’n kort Bybelvers en bid: “Here, ek gee hierdie dag aan U.” Matteus 11:28 herinner ons: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”

O – Organiseer jou dag

Skryf drie prioriteite neer – nie twintig nie. Doen eers wat wérklik saak maak. “Alles het sy tyd” (Prediker 3:1) – en jy kan nie alles gelyk doen nie.

PPause en asemhaal

Tydens jou dag, druk die ongesiende “pause-knoppie.” Neem ’n oomblik om asem te haal, ’n kort gebed te fluister, en jou fokus terug na God te bring. Dit laai jou emosioneel en geestelik.

E – Erken jou beperkinge

Jy is nie gemaak om alles alleen te dra nie. Vra hulp. Deel jou las. Onthou: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korintiërs 12:9). Jy hoef nie perfek te wees om waardevol te wees nie.

Cope is nie om chaos uit jou lewe te verwyder nie – dit is om vrede te vind in God se teenwoordigheid, al bly die lewe besig. Hy is jou rusplek, jou krag en jou fokus

Woordweef- Rubrieke

Hierdie rubrieke in Woordweef bring 'n toepaslike Bybelse teks, bespreking,hoe om vandag te Cope, praktiese raad, bemoediging en gebed saam, soos ’n geweefde kleed van bemoediging vir die hart. Lees dit gerus